Suiker Britz (ePub)
Dossier van 'n speurbaas
(Sprache: Afrikaans)
Toe die legendariese Suiker Britz homself in 2018 om die lewe gebring het, het die einde van 'n era aangebreek - 'n tydvak waarin ouskool-polisiemanne se reputasie gebou was op ongelooflike suksesse in die bekamping van misdaad. In sy luisterryke loopbaan...
sofort als Download lieferbar
eBook (ePub)
Fr. 13.90
inkl. MwSt.
- Kreditkarte, Paypal, Rechnung
- Kostenloser tolino webreader
Produktdetails
Produktinformationen zu „Suiker Britz (ePub)“
Toe die legendariese Suiker Britz homself in 2018 om die lewe gebring het, het die einde van 'n era aangebreek - 'n tydvak waarin ouskool-polisiemanne se reputasie gebou was op ongelooflike suksesse in die bekamping van misdaad. In sy luisterryke loopbaan as polisieman en speurder, en as hoof van die Suid-Afrikaanse Polisie se Moord en Roof-eenheid, was Britz as ondersoeker betrokke by misdade wat die samelewing tot in sy fondamente geskud het. In die land se oorgangstydperk na demokrasie het hy, in opdrag van verskeie kommissies van ondersoek, duisterhede help opklaar rondom polities-geïnspireerde moorde. In hierdie boek probeer die skrywers 'n beeld van die man agter die legende kry deur die soeklig op sake waarby hy betrokke was, te laat val. En die beeld wat na vore kom is dié van 'n passievolle speurder wat uitsonderlike prestasies in sy loopbaan behaal het, maar hy was ook 'n gewone mens met unieke tekortkominge. Britz het dikwels onder fel kritiek deurgeloop oor die manier waarop polities sensitiewe sake hanteer is. Lesers wat maklik ontstel word deur grafiese materiaal, moet daarop bedag wees dat die sake wat in hierdie boek gedek word, dikwels grusaam en angswekkend is. Om egter 'n profiel van 'n man in Suiker Britz se liga saam te stel, is dit onvermydelik dat die donkerste uithoeke van die menslike psige verken moet word.
Autoren-Porträt von Anemari Jansen, Stefaans Coetzee
Anemari Jansen het 'n meestersgraad in Afrikaanse letterkunde. Haar debuutroman Glipstroom is in 2014 deur Human & Rousseau gepubliseer. In 2015 verskyn Eugene de Kock: Sluipmoordenaar vir die Staat en Eugene de Kock: Assassin for the State. Sy het drie kinders en woon in Alberton. Anemari is passievol oor die versoenende rol wat persoonlike narratiewe kan speel in die huidige diskoers in Suid-Afrika.
Bibliographische Angaben
- Autoren: Anemari Jansen , Stefaans Coetzee
- 2019, 1. Auflage, 224 Seiten, Afrikaans
- Verlag: Penguin Random House South Africa
- ISBN-10: 1776094719
- ISBN-13: 9781776094714
- Erscheinungsdatum: 01.09.2019
Abhängig von Bildschirmgrösse und eingestellter Schriftgrösse kann die Seitenzahl auf Ihrem Lesegerät variieren.
eBook Informationen
- Dateiformat: ePub
- Grösse: 1.61 MB
- Mit Kopierschutz
Sprache:
Afrikaans
Kopierschutz
Dieses eBook können Sie uneingeschränkt auf allen Geräten der tolino Familie lesen. Zum Lesen auf sonstigen eReadern und am PC benötigen Sie eine Adobe ID.
Kommentar zu "Suiker Britz"
0 Gebrauchte Artikel zu „Suiker Britz“
Zustand | Preis | Porto | Zahlung | Verkäufer | Rating |
---|
Schreiben Sie einen Kommentar zu "Suiker Britz".
Kommentar verfassen