Stories van die kantlyn (ePub)
(Sprache: Afrikaans)
'n Versameling stories oor rugby, die lewe en allerhande ander dinge wat jou sal laat lag, ontroer en opkikker, deur een van Suid-Afrika se ware rugbylegendes ...
Theuns Stofberg se glorieryke rugbyloopbaan het van 1976 tot 1985 geduur, en hy word in die...

sofort als Download lieferbar
eBook (ePub)
Fr. 12.90
inkl. MwSt.
- Kreditkarte, Paypal, Rechnung
- Kostenloser tolino webreader
Produktdetails
Produktinformationen zu „Stories van die kantlyn (ePub)“
'n Versameling stories oor rugby, die lewe en allerhande ander dinge wat jou sal laat lag, ontroer en opkikker, deur een van Suid-Afrika se ware rugbylegendes ...
Theuns Stofberg se glorieryke rugbyloopbaan het van 1976 tot 1985 geduur, en hy word in die algemeen beskou as een van die grootste Springbokke ooit. As die 36ste Springbokkaptein - een van slegs 56 spelers wat dié eer kon hê - was hy taai en kompromisloos op die veld, maar langs die kantlyn was hy 'n ware heer en uitstekende storieverteller - soos bewys word deur die anekdotes wat byeengebring is in hierdie boek.
In Stories van die kantlyn neem hy lesers tot agter die skerms, na sy kinderdae as skoolseun-rugbyspeler, tot die berugte meelbom-toer in Nieu-Seeland in 1981, en ook sy Curriebeker-oorwinnings vir drie provinsies - tot vandag toe 'n ongeëwenaarde prestasie. Hy skryf ook oor hoe dit was om saam met legendes soos Morné du Plessis, Gerrie Germishuys, Schalk Burger snr. en Gysie Pienaar te speel, hy roep bewonderaars se vreemde en dikwels fleurige gedrag in herinnering en gee lesers 'n fasinerende blik op die amateurdae van rugby in Suid-Afrika. Hy vertel in sy unieke, onnabootsbare styl van sy persoonlike stryd met 'n spraakgebrek en gesondheidsprobleme, en hoe hy 'n tragedie in die familie hanteer het.
Elke Suid-Afrikaanse rugbyliefhebber sal hierdie boek, wat soms diep persoonlik, soms amusant en partymaal nostalgies is, koester en geniet.

Autoren-Porträt von Theuns Stofberg
Theuns Stofberg is die enigste speler in die geskiedenis van Suid-Afrikaanse rugby wat die Curriebeker vir drie provinsies verower het: die Oranje-Vrystaat, Noord-Transvaal en die Westelike Provinsie. In die 10 jaar wat hy senior rugby gespeel het, het sy span elke keer die Curriebeker-finaal gehaal, met ses oorwinnings en een gelykop uitslag. Hy het op die tere ouderdom van 21 'n Springbok geword toe hy die legendariese Jan Ellis in 1976 in die tweede toets teen Andy Leslie se All Blacks vervang het. In sy 21 toetswedstryde het hy ses driëe gedruk en hy het as kaptein uitgedraf tydens vier internasionale wedstryde - teen Nieu-Seeland, Engeland en Suid-Amerika. Hy woon saam met sy vrou Martie op Rouana, 'n klein wynplaas tussen die Stellenbosse wingerde.
Bibliographische Angaben
- Autor: Theuns Stofberg
- 2016, 1. Auflage, 224 Seiten, Afrikaans
- Verlag: New Holland Publ.Ltd.
- ISBN-10: 1770228942
- ISBN-13: 9781770228948
- Erscheinungsdatum: 01.03.2016
Abhängig von Bildschirmgrösse und eingestellter Schriftgrösse kann die Seitenzahl auf Ihrem Lesegerät variieren.
eBook Informationen
- Dateiformat: ePub
- Grösse: 7.48 MB
- Mit Kopierschutz
Sprache:
Afrikaans
Kopierschutz
Dieses eBook können Sie uneingeschränkt auf allen Geräten der tolino Familie lesen. Zum Lesen auf sonstigen eReadern und am PC benötigen Sie eine Adobe ID.
Kommentar zu "Stories van die kantlyn"
0 Gebrauchte Artikel zu „Stories van die kantlyn“
Zustand | Preis | Porto | Zahlung | Verkäufer | Rating |
---|
Schreiben Sie einen Kommentar zu "Stories van die kantlyn".
Kommentar verfassen