Lugkasteel (ePub)
(Sprache: Afrikaans)
In Sabbatsreis vertel Annelie Botes hoe sy in 2004 blindelings op 'n vliegtuig geklim het om in Engeland 'n ouma te gaan soek wat sy kon oppas. Om haar skuld te betaal. Vir 'n hellejaar vol hemelsheid word sy Granny se hoeder. Maar genoeg is selde genoeg....
sofort als Download lieferbar
eBook (ePub)
Fr. 12.90
inkl. MwSt.
- Kreditkarte, Paypal, Rechnung
- Kostenloser tolino webreader
Produktdetails
Produktinformationen zu „Lugkasteel (ePub)“
In Sabbatsreis vertel Annelie Botes hoe sy in 2004 blindelings op 'n vliegtuig geklim het om in Engeland 'n ouma te gaan soek wat sy kon oppas. Om haar skuld te betaal. Vir 'n hellejaar vol hemelsheid word sy Granny se hoeder. Maar genoeg is selde genoeg. Kwalik ses maande nadat sy teruggekom het Baai toe, vlieg sy wéér Engeland toe. Dié keer as die goewernante van vier onhebbelike bloubloed-seuntjies. En, soos Aspoestertjie, bevind sy haar in 'n grillerige ou kasteelhuis, en sy is net 'n kasteelbediende. Sy ly honger; sy verkluim. Sy moet haar karige leefruimte deel met die wandelende gees van 'n vrou wat lankal oorlede is, maar steeds snags in die kasteelgange rondloop. Om vir haar 'n wegkruipplek te skep, rig sy 'n antieke Mercedes-Benz vol muisneste, wat verlate in 'n plaat onkruid staan, in as haar heiligdom. Droomplek. Dinkplek. Huilplek. Tien jaar later sit sy by haar ou bruin lessenaar en rol die kamera terug na daardie tyd. Bekyk die glasskoentjies wat elke mens langs die pad verloor. Lugkastele wat tuimel. Alles net swaanveertjies in die winterwind. Tog, ondanks ons stukkende vlerke, leer ons vlieg. Hoër en verder as wat ons ooit kon droom.
Autoren-Porträt von Annelie Botes
Annelie Botes is gebore in die winter van 1957 in die Kammanassie naby Uniondale. Lugkasteel is haar dertiende boek. "Ek weet nie wat anders om te doen nie, as om te skryf," sê sy. "Dis deel van my, soos sweetgaatjies en voetsole." Selfs voordat sy skool toe is, het sy haar stories met 'n renosterbosstokkie op die sandgrond geskryf. Bloot krulle en draaie, maar sý het geweet wat daar staan. Op skool het sy gewoonlik nul gekry vir opstelle, want enige banaliteit of swetsery is beboet met vyf punte. Omdat sy nie 'n vrou is vir liegdraaie kap nie, moes sy al dikwels in haar lewe punte inboet in ruil vir die rou waarheid. Sy en haar man, die ou gryse, bly die afgelope sewentien jaar in Port Elizabeth. "Ek sal skryf tot ek die dag seniel is, of dood neerslaan. Want ek wíl skryf."
Bibliographische Angaben
- Autor: Annelie Botes
- 2016, 1. Auflage, 288 Seiten, Afrikaans
- Verlag: New Holland Publ.Ltd.
- ISBN-10: 1770229302
- ISBN-13: 9781770229303
- Erscheinungsdatum: 01.11.2016
Abhängig von Bildschirmgrösse und eingestellter Schriftgrösse kann die Seitenzahl auf Ihrem Lesegerät variieren.
eBook Informationen
- Dateiformat: ePub
- Grösse: 0.53 MB
- Mit Kopierschutz
Sprache:
Afrikaans
Kopierschutz
Dieses eBook können Sie uneingeschränkt auf allen Geräten der tolino Familie lesen. Zum Lesen auf sonstigen eReadern und am PC benötigen Sie eine Adobe ID.
Kommentar zu "Lugkasteel"
0 Gebrauchte Artikel zu „Lugkasteel“
Zustand | Preis | Porto | Zahlung | Verkäufer | Rating |
---|
Schreiben Sie einen Kommentar zu "Lugkasteel".
Kommentar verfassen