Kainsmerk (ePub)
(Sprache: Afrikaans)
Annelie Botes het haarself oor en oor bewys as een van die voorste storievertellers in Afrikaans. Die korpus boeke wat uit haar pen verskyn het, staan onweerlegbaar as getuienis van 'n uitsonderlike talent. Deur die jare is 'n magdom tydskrifverhale, 'n...
sofort als Download lieferbar
eBook (ePub)
Fr. 13.90
inkl. MwSt.
- Kreditkarte, Paypal, Rechnung
- Kostenloser tolino webreader
Produktdetails
Produktinformationen zu „Kainsmerk (ePub)“
Annelie Botes het haarself oor en oor bewys as een van die voorste storievertellers in Afrikaans. Die korpus boeke wat uit haar pen verskyn het, staan onweerlegbaar as getuienis van 'n uitsonderlike talent. Deur die jare is 'n magdom tydskrifverhale, 'n genre wat dikwels verkeerdelik onderskat word, in tydskrifte soos Vrouekeur, Rooi Rose en Huisgenoot opgeneem. Kainsmerk bevat 'n keur van dié verhale wat deur die skrywer self uitgesoek is. Botes se karakters dra dikwels 'n teken van vervloeking wat hulle broos laat, en wat hulle vir die wêreld wil verberg. Isabella se ouderlingman verrinneweer haar en sy begin drink. Sy droom van 'n dag waarop sy haar man se lyk in die put op die plaaswerf kan afgooi. Magdaleen bou 'n padstal en werk haar tot eelte terwyl sy haar man afskeep. Totdat sy en haar regterhand Kaatjie tydens 'n vloed op die dak van die padstal vasgekeer word. Dalena, het geen behae in haar huwelik nie, maar een nag tydens 'n plaasaanval raak sy en haar man nét op mekaar aangewese. Sophia, 'n huishoudster wat tronkstraf vir diefstal uitgedien het, begin werk vir 'n hoogaangeskrewe man met 'n rare obsessie. Marianna laat haar dominee-man agter en gaan soek rus en heling in 'n grot op haar geboorteplaas. Hierdie is maar enkele van die karakters waarmee Botes Suid-Afrikaanse tydskriflesers deur die jare meegevoer het. As spesiale bonus is die immergewilde "Duiwelsbrood", wat geruime tyd reeds uit druk is, ook in Kainsmerk opgeneem. Annelie Botes se aanhangers sal saamstem: Hierdie is vertelkuns op sy beste.
Autoren-Porträt von Annelie Botes
Annelie Botes is gebore in die winter van 1957 in die Kammanassie naby Uniondale. Sy en haar man, die ou gryse, woon in Port Elizabeth. "Ek sal skryf tot ek die dag seniel is, of dood neerslaan. Want ek wíl skryf." Lugkasteel het by Penguin Random House verskyn, en haar gewilde roman, Raaiselkind, is onlangs as 'n rolprent vrygestel.
Bibliographische Angaben
- Autor: Annelie Botes
- 2018, 1. Auflage, 272 Seiten, Afrikaans
- Verlag: Penguin Random House South Africa
- ISBN-10: 1776093046
- ISBN-13: 9781776093045
- Erscheinungsdatum: 01.10.2018
Abhängig von Bildschirmgrösse und eingestellter Schriftgrösse kann die Seitenzahl auf Ihrem Lesegerät variieren.
eBook Informationen
- Dateiformat: ePub
- Grösse: 0.52 MB
- Mit Kopierschutz
Sprache:
Afrikaans
Kopierschutz
Dieses eBook können Sie uneingeschränkt auf allen Geräten der tolino Familie lesen. Zum Lesen auf sonstigen eReadern und am PC benötigen Sie eine Adobe ID.
Kommentar zu "Kainsmerk"
0 Gebrauchte Artikel zu „Kainsmerk“
Zustand | Preis | Porto | Zahlung | Verkäufer | Rating |
---|
Schreiben Sie einen Kommentar zu "Kainsmerk".
Kommentar verfassen