Biegbrief en ander verhale (ePub)
- Kreditkarte, Paypal, Rechnung
- Kostenloser tolino webreader
Nee, ant Millie, het Annalise gedink, ek gaan nie net my hare verander nie. Ek sal sommer vir 'n totale makeover gaan. Ek is nou moeg en siek en sat daarvoor om 'n ou lieslap te wees. Ek wil ook 'n slag soos 'n million dollar babe voel! En Petrus sal betaal. Hy sal elke sent betaal.
En het Petrus betaal? Moenie eens vra nie! Vra eerder: Het Annalise se plan gewerk? En nie net hare nie, want wat van ant Liefie se gespook - ja, letterlik - om haar kamer in Huis Viljoenshof te behou? En Aletta se plan om ná hoeveel jaar weer 'n roering in haar man se . . . uhm . . . hart te bewerkstellig?
Dit is dus stories oor vroue en hul planne. Of soos Esta Steyn sê: oor vroue wat 'n bietjie kan lieg, 'n bietjie kan bedrieg en 'n bietjie kan bieg. Oor die oorsprong van die verhale sê sy: "Die merkwaardige vrou wat al my vorige, vars manuskripte opgeraap en gelees het voordat dit my werf verlaat het, was my suster. Toe verlaat sy my ná 'n siekbed. Maar in haar absentia het sy my nie 'n oomblik alleen gelos nie. Met groot gejuig het sy hierdie keer nie die stories kom lees nie, nee, hulle sommer self hier aangebring. En my kom vertel van dié vroue. Was sy hier? wonder ek. Sy wás, weet ek. Anders was daar nou niks om oor te bieg nie ... nog minder 'n bundel."
En die resultaat? Verhale só lewenseg, soos 'n Italiaanse rok teen halfprys . . . nee, soos verbrande viskoekies en mash!
In 1979 is Esta se eerste boek, Plek van die boskolos, deur Human & Rousseau gepubliseer. Dit is egter met Kinders van die Sabbatsee wat sy bekendheid verwerf. Dit was die wenner van Sarie/ATKV se vervolgverhaalwedstryd in 1984. Van haar ander bekende boeke is Kus vir die kluisenaars (1981) en Somer van die silwer-skuim (1981).
Esta het in die 1990's 'n draaiboek vir die TV-reeks Meeulanders geskryf. Dit is in 1996 uitgesaai en Esta het dit tot 'n roman verwerk. Sy is later weer gevra om 'n TV-reeks te skryf, en Soutmansland is in 2000 uitgesaai.
- Autor: Esta Steyn
- 2014, 1. Auflage, 224 Seiten, Afrikaans
- Verlag: Tafelberg
- ISBN-10: 0624068463
- ISBN-13: 9780624068464
- Erscheinungsdatum: 20.06.2014
Abhängig von Bildschirmgrösse und eingestellter Schriftgrösse kann die Seitenzahl auf Ihrem Lesegerät variieren.
- Dateiformat: ePub
- Grösse: 1.04 MB
- Mit Kopierschutz
Zustand | Preis | Porto | Zahlung | Verkäufer | Rating |
---|
Schreiben Sie einen Kommentar zu "Biegbrief en ander verhale".
Kommentar verfassen